NATi Uit die bloute

Uit die bloute

’n NATi / Feesteforum-produksie
Teks: Aangepas uit twee verhale van Eugène Marais Regisseur: Henriëtta Gryffenberg Stelontwerp: Johan Engelbrecht Beligtingsontwerp: Ni-lou Breytenbach Musiek: Lizanne Barnard Choreografie: Ignatius van Heerden Kostuums: Madelaine Lotter Poppe: Ernetia Bedeker Met: Paul du Toit (akteur), Jenna Dunster (aktrise), Leon Ecroignard (baskitaar), Jahn Beukes (perkussie), Lizanne Barnard (klawerbord), Pyjama Shark (akoestiese en elektriese kitaar) Verhoogbestuurder: Mariska Meyer Vervaardigers: Giep van Zyl en Lizanne Barnard in opdrag van Innibosfees

 

Hierdie musiekteaterproduksie het teatergangers telkemale op hulle voete gehad sedert die onlangse opening by die Innibosfees en Vrystaatse Kunstefees. Twee kortverhale van Eugène Marais kry verbeeldingryk gestalte op die verhoog: “Die Lied van die Reën” vertel die storie van die soeke na water en in die tweede storie, “Salas Y Gomez”, word ’n jong boer vir maande vasgekeer op ’n rotslys en hy moet al sy kragte inspan om fisies en emosioneel te oorleef. Die musiek vir Uit die bloute is gekomponeer deur die ATKV Crescendo- wenner Lizanne Barnard wat haar elf toonsettings van Marais se gedigte in ’n treffende kombinasie van Afrika-klanke en moderne elemente verwerk het. Bygestaan deur veteraan-musikante Jahn Beukes, Leon Ecroignard en die jong Pyjama Shark word die plaaswerf, die berge van Mamatola en die diepste emosies van die karakters deur musiek en byklanke ingekleur. Die resultaat: ’n onvergeetlike ervaring in Afrikaanse musiekteater wat tegelyk vermaak en ontroer.

KYKNET HOËRSKOOLSAAL
21 Maart 14:30, 22 Maart 13:30,23 Maart 14:30, 24 Maart 13:30

KOOP KAARTJIES
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google