Swerfgoed

In samewerking met: NATi, Baxter Teatersentrum, Kunste Onbeperk en US Woordfees
Skrywer: Bauke Snyman Regisseur: Tinarie van Wyk Loots Stelontwerp en kostuums: Jemma Kahn en Kanya Viljoen Beligtingsontwerp en verhoogbestuurder: Michael Garbett Met: Anna-Mart van der Merwe, Nicole Holm, Andrew Laubscher en Richard September Vervaardiger: Kunste Onbeperk

Dis iewers in die nabye toekoms en die duurste hulpbron is water. Maar by Motel Stillewater, op ’n godverlate vlakte, is ’n oerskat opgesluit. Dis ’n vreemde (en snaakse) spulletjie wat hier woon, en

vir water sal party mense moord pleeg. Dit word ’n tragikomedie van Griekse omvang. Swerfgoed het drie KKNK- Kanna-pryse ontvang: Beste manlike en vroulike byspeler (Richard September en Nicole Holm) asook Beste nuutgeskrewe debuutteks (Bauke Snyman).

2 maart 09:30 | 3 maart 15:00
4 maart 10:00 | 6 maart 16:00
90 min | Rhenish Girls’ High School
R120 – R145 | R165 by die deur
Geen o/16

KOOP KAARTJIES