SWERFGOED

’n Ko-produksie tussen NATi, die Baxter-teatersentrum, Kunste Onbeperk en die US Woordfees

Met: Anna-Mart van der Merwe, Nicole Holm, Richard September en Andrew Laubscher

Regie: Tinarie van Wyk Loots

Teks: Bauke Snyman

Ontwerp: Jemma Kahn

Produksie- en verhoogbestuurder: Michael Garbett

Vervaardiger: Kunste Onbeperk

Iewers in die nabye toekoms. Water is die duurste hulpbron en daar sal selfs moord gepleeg word om dit te bekom. By Motel Stillewater –  iewers op ’n godverlate vlakte –  is daar ’n oerskat opgesluit. Dit is ’n vreemde (en snaakse) spulletjie wat hier woon. En niemand gaan met hulle mors nie: stille water, diepe grond … ’n Distopiese blik op er­fenis en opoffering van Griekse omvang, maar in die tragiese skuil daar dikwels ook die komiese.