NATi Sky en CZeCH

Sky en Czech

Ondersteun deur: NATi en die US Woordfees
Skrywer: Ashraf Jamal Vertaling: Gérard Rudolf Regisseur, stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Marí Borstlap Met: Gérard Rudolf en André Roothman Verhoogbestuurder: Jeandré Hammond Vervaardiger: Mana Masjien in opdrag van die US Woordfees

Ná ’n reis van 6 000 km dwarsdeur die land spoor Czech uiteindelik sy beste vriend, Skyler, op in ’n vuil sinkgehuggie in die middel van nêrens. Die Sky wat Czech daar aantref, is nie die Sky wat hy onthou nie. Sy vriend het afstand gedoen van die wêreld. Hy leef reeds in sy eie werklikheid. Czech wil Sky terugsleep na sý rigiede wêreld toe – ’n wêreld van reëls, roetine, vierkantige boksies en reguit lyne, maar Sky gaan nêrens heen sonder om te skop en te skree nie.

2 maart 20:30 | 3 maart 15:00
4 maart 20:30 | 6 maart 18:00
90 min | HS Cloetesville
R100 – R140 | R160 by die deur
Geen o/14 (T)

KOOP KAARTJIES