ROKKIE

NATi/Feesteforum-produksie

Met: Charlton George

RegieLee-Anne van Rooi

Hierdie is die verhaal van ‘n 50-jarige transgender persoon van die Kaapse Vlaktes. Vandag is die dag waarvoor sy al jare wag: haar “gender re-assignment”. Met die openingstoneel sit sy in onderklere agter ‘n naaimasjien, besig om ‘n rok aanmekaar te stik terwyl sy ‘n Black Label en sigaret geniet. Sy deel met ons van haar mees intieme herinneringe, haar ouers, haar ma se k√™rel, die liefde van haar lewe, haar eerste beauty pagent, tyd op die straat en haar soeke na identitieit. Rokkies is ‘n hartseer storie vol hoop. Ongeag hoe hartseer die lewe kan wees, is daar altyd ‘n silwer rand om die donker wolk.