PIEKNIEK BY MPANDE (NÉE DINGAAN)

’n NATi / Feesteforum-produksie

Deur: Louis Roux en die geselskap

Met: Nicol Holm, Nomathamsanqa Baba, Ludwig Binge, Ilana Cilliers, Karli Heine, Marlo Minnaar en Pierre Theron

Regie, stelontwerp, beligtingsontwerp: Wolf Britz

Projeksie scenograag: Abri de Swadt 

Kostuumontwerp: Izel van der Merwe

Verhoogbestuur: Danielle Louw Musiek, musiekregie: Jose Dias

Vervaardiger: US Woordfees

In 1988 stik die Afrikaanse establishment in hulle koffe oor die opspraakwekkende kabaret Piekniek by Dingaan, ’n seminale protesstuk wat die Afrikaanse kunstelandskap ingrypend verander het.

Heilige koeie is geslag; bloed het gevloei. Alternatiewe Afrikaanse musiek kry vlerke met die Voëlvry-beweging, terwyl die musikante landwyd op kampusse verbied is.

Verwoerd se kleinkinders wys ’n dik, vet middelvinger vir die safaripak-en-grysskoen-brigade en die tannies met die gedoende hare – dit is die naasste wat wit Suid- Afrika nog aan sex, drugs and rock ‘n’ roll gekom het. Vandag is Suid- Afrika ’n ander land. Of is dit? Bloed vloei steeds.

Heilige koeie wei dikgevreet en onverstood in die groen-groen land van KwaZulu-Natal. Kom luister na die nuwe generasie se protes terwyl dit klippe reën.