Nagskofkliek

 

Ondersteun deur NATi en Brand Incorporated. Stel gebou deur: Clip-Lok SimPak South-Africa (Pty) Ltd.MET Albert Pretorius en Melt Sieberhagen TEKS Retief Scholtz REGIE EN STEL Etienne Fourie TEGNIESE REGISSEUR Lize van Rooyen

Hans Gouws – in sy dertigs, ’n veiligheidswag – spandeer sy agtste Paasnaweek in ’n ry aan diens by We Crate You Up Storage Solutions. Alleen. Alleen pla nie vir Hans nie – sê hy altyd. Terwyl Hans gemaklik met die winkelpop in die hoek gesels, voel dit vir Hans asof hy alles reeds uitge-figure het. Hy het sy keuses gemaak en vrede gemaak daarmee. Hy is, volgens hom, gelukkig en tevrede. Niks pla vir Hans nie en niemand pla vir hom nie. Dan – sonder waarskuwing – verskyn Man.
Wat presies Man daar doen (en waarom hy nie wil weggaan nie) weet Hans nie – nóg nie. Al wat hy weet, is dat Man antwoorde soek en hy gaan nêrens tot hy dit gekry het nie. Nagskofkliek probeer verstaan hoe dit moet wees om ’n koppie tee te drink saam met die weergawe van jouself wat jy nog altyd gedink het jy wil wees en wat gebeur as jy nie meer vir jouself kan jok nie.

Hierdie is Innibos se vlagskipproduksie wat jy nie mag misloop nie. Uit die pen van Fiëstawenner Retief Scholtz.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google