My Seuns

’n NATi / Feesteforum-produksie
Regisseur en skrywer: Christo Davids Stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Wilhelm Disbergen Musiek: Leslie Javan Met: Sandra Prinsloo, André Odendaal, Sandi Schultz, Edwin van der Walt, Buhle Ngaba en Donovan Pietersen Verhoogbestuurder: Mariska MeyerVervaardiger: Aardklop


Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur
 heel moontlik op ’n familie-oorlog af. Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien? Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie. Miskien is albei verlief op dieselfde meisie of dalk lê hulle verskille veel dieper? En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur? Weet Ma meer as wat sy voorgee? En by wie lê haar lojaliteit? ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae. Geïnspireer deur Arthur Miller se All My Sons. Tydens Aardklop 2018 word My seuns ses-malig bekroon vir, onder meer, beste regisseur, teks en produksie.

GIMSAAL
21 Maart 10:00, 22 Maart 19:30,23 Maart 10:00, 24 Maart 19:30,
25 Maart 10:00**, 26 Maart 19:30, 27 Maart 10:00

KOOP KAARTJIES