MONSIEUR IBRAHIM EN DIE BLOMME VAN DIE KORAN

'n NATi & Feesteforum-produksie

Met: Dawid Minnaar

Regie: Phillip Rademeyer

Produksie en verhoogbestuurder: Ameera Conrad

Teks: Eric-Emmanuel Schmitt

Vertaling en verwerking: Naomi Morgan

Oorspronklike titel: Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran

Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran speel af in ’n Joodse kwartier in Parys in die 1960’s, waar ’n gekwelde Joodse seun, Moses (Momo), ’n onwaarskynlike vriend in ’n eensame Moslem-winkeleienaar, Monsieur Ibrahim, vind. Ibrahim is ’n toevlug vir Momo, gee hom raad en leer die vroegryp seun geleidelik dat daar meer in die lewe is as prostitusie en kruideniersware te steel. Wanneer Momo se pa – ʼn aggressiewe man wat sy seun verwaarloos – verdwyn en dood gevind word, neem Ibrahim hom aan. Die twee gaan op reis deur Europa na Ibrahim se geboorteplek, wat hulle by ʼn belangrikste kruispad uitbring. ʼn Snaakse en ontroerende verhaal ontvou, wat wys hoe die belangrikste lesse oor lewe en dood geleer word wanneer ons dit die minste verwag.

Foto’s – Hans van der Veen  / © www.hansvanderveen.co.za