MI(SA)

’n Ko-produksie tussen NATi, US Woordfees en Suidoosterfees
Skrywer: Antjie Krog (Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum) Regisseur: Marthinus Basson Dirigent en musikale regisseur: Pieter Bezuidenhout Stelontwerp: Marthinus Basson & Michael Mitchell

Musiek: Misa Criolla gekomponeer deur Ariel Ramírez, Missa Luba gekomponeer deur Guido Haazen, Nuwe verbond gekomponeer deur Antoni Schonken Choreografie: Sifiso Kweyama en Ina Wichterich Kostuums: Michael Mitchell Met: Amanda Strydom (solis),
Cecilia Rangwanasha (sopraan), Makudupanyane Senaoana (tenoor), Ané Pretorius (mezzo-sopraan), Erik Dippenaar (klavesimbel), Kaapstadse Operakoor Verhoogbestuurder: Danielle Louw Projekbestuurder: Corneil Muller Vervaardiger en beligtingsontwerp: Chris Pienaar

MI(SA) is ’n drieledige uitvoering bestaande uit die Missa Luba, die Misa Criolla en ’n nuwe Suid-Afrikaanse mis geskryf deur Antjie Krog met musiekdeur Antoni Schonken: Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum. Hiermee tree Krog en Schonken in gesprek met die geliefde Misa Luba en Misa Criolla. Marthinus Basson vermeng rite en liturgie en skep ’n grensverskuiwende eietydse klankbeeld van Suid-Afrika, oorwegend in Afrikaans, maar ook met Latyns, Grieks, Engels, Xhosa en ou Khoisan-woorde. Krog noem dit ’n “wetenskaplike mis wat die skade wat die mens aan mekaar, sowel as die planeet aanrig, besweer.” Die MI(SA) word ook nie net deur die Kaapstadse Operakoor gesing nie – die stories van die koorlede en waar hulle vandaan kom, vorm deel van die mis.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google