ANTJIE KROG

Die Afrikaanse liturgiese taal van die tradisionele mis is pragtig en anker mens onmiddellik aan iets diep spiritueels. Ek probeer hier alles bymekaarbring: mensestemme, nie as hoogtepunt van die skepping nie, maar intens verweef met die son, die maan wat water stabiliseer sodat grond moontlik is en vandaar die suurstof van sianobakterieë. My opregte dank aan Marthinus Basson en Nati vir so ’n heerlike opdrag.


ANTONI SCHONKEN

In this work, I have allowed myself to reflect freely on recurring questions about the nature of religion and the universe, how we situate and align ourselves within that, and how those questions have implications for our relationships with each other and with our natural environment. Within this thematic constellation, the music draws inspiration from a variety of natural, local, and historic sources, and challenges the performers to discover and develop their own sonic landscapes. By consciously erasing some parameters from the musical text, I invite the musicians to become active participants also in the act of composition, and encourage them to express their individual musical identities.

The rich and ancient history of the mass inspired me while I was composing Die Nuwe Verbond: sometimes directly in the shape of traditional plainchant (“Benedictus Qui Venit in Nomine Creationis”, or in Lux Aeterna), but sometimes also indirectly in my employment of musical symbolism. In the Helie Eleison, for instance, each of the three sections is sung three times to invoke the holy trinity of Light, Water, and Air. The final movement opens in e-minor (one sharp, to represent the cross), but then moves into E-flat major (traditionally the key of holy prayer: “Onse Brose Aarde”); further on the same movement modulates to G-flat major (6 flats) and then C-flat major (7 flats) to symbolise the coming together of a congregation of holy followers. The Dies Irae inverts the three flats of holy prayer into three sharps (f-sharp minor). The words “helende/healingly” in the twelfth movement are sung in the healing mode of F-lydian. I have tried to fill the entirety of the work with these small gestures and symbols.

The third movement, “I am” is the tonal crux of the mass: here I have taken the names of the individual singers and derived pitch material from the letters of their names. These fragments form the motivic and harmonic basis of the entire work.

Lastly, the work is proportioned around principles of euclidean geometry and the golden ratio, as a way to honour the text’s deep rapture with the expansive and divinely structured beauty of the universe. 


MARTHINUS BASSON

Ritueel. Wegkruipplek. Harnas vir die gees. Balsem teen die pyn. Om deel te neem, deel te wees van iets groter, iets ewig, iets stigtend. Iets ontstigtend…

Die MI(SA) projek trek ‘n geskiedenis van volkse aanbidding bymekaar –  van die eerste Heilige Mis geskep deur ‘n Belgiese Pater uitgestuur na die destydse Belgiese Kongo in ‘n gees van erkenning van die kultuur waarin hy hom bevind het, tot Antjie Krog en Antoni Schonken se groen mis  wat ons horende dowes plaas in die omvang van die oorweldiginde skepping waarin ons ons bevind. 

Die Mis knie ons. Dit knou ons. Maar bowenal laat dit ons toe om ons wandade te besweer, was ons skoon en stuur ons huistoe in die hoop dat ons beter mense kan wees.

Ek dank en eer my medewerkers Sifiso Kweyama, Ina Wichterich en Michael Mitchell, almal met wie ek ‘n lang geskiedenis deel en aan wie ek die Missa Luba en die Misa Criolla toevertou het. So ook elke deelnemer, medewerker, befondser, maar veral dirigent Pieter Bezuidenhoudt, en in die lig van wat van hulle verwag is, die koor wat daagliks kon verras met hulle omvang, insig, humor, menslikheid  en entoesiasme.

Die ritueel van teatermaak is ‘n wegkruipplek, ‘n harnas vir die gees, ‘n balsem teen die pyn. Dit noop jou om deel te wees van iets groter as jouself. en soos met die Heilige Mis bedien dit die gemeenskap van heiliges wat gewilliglik hulself toelaat om omarm te word deur dit wat stig en ontstig.


CORNELIA FAASEN

Hierdie projek is gebore uit ’n diep behoefte om ’n Suid-Afrikaanse werk te skep wat in ’n taal praat wat verby grense strek.  Die immergewilde Misa Criolla het as beginpunt gedien vir die pad wat ons gestap het met die produksie en die Missa Luba se invloed op eersgenoemde het ons genoop om ook na die werk te kyk.  Wat Antjie, Marthinus en Antoni hier geskep het met die hulp van die Kaapstad Operakoor en die soliste, spesifiek Amanda Strydom, is niks anders as ’n kragtoer nie.  Ek laat dit in hul bekwame hande om self meer oor hul inspirasie en betrokkenheid by die projek, te vertel.  

Van NATi se kant af moet ons ’n hele aantal mense bedank vir hul bykans bomenslike toewyding en harde werk:   Die koor en die dansers, asook die orkes.  Die choreograwe, Ina en Sifiso, baie dankie aan julle vir jul omgee en passie vir die projek.  Erik Dippenaar – baie dankie vir jou harde werk met die orkes.  Dankie aan Pieter Bezuidenhout.  Ek kan nie sien hoe ons hierdie projek sonder jou sou kon aanpak nie.  Dankie aan LeRoux Germishuizen vir sy ontwerpe en jou algehele omgee vir die werk wat NATi doen.  Dankie aan Corneil Muller.  Sommer vir alles.  Dankie aan Mabet van Wyk vir die lang pad wat ons saam kon stap met die projek. Dankie aan Chris Pienaar en Danielle Louw en Miranda Joubert.  Ek weet nie hoe julle nog staande is nie.  Dankie aan die hele tegniese span (van die ontwerpers, tot die kostuumaankopers tot die verwers).  Dankie aan Elise Brunell en Matthew Wild en julle hele span van Kaapstad Opera – ek sien uit na ons volgende projek!  Dankie aan Irma Albers van die Suidoosterfees en Saartjie Botha van die Woordfees vir julle ongelooflike ondersteuning.  Weereens dankie aan Antjie, Marthinus en Antoni.  Ek is sprakeloos oor wat julle hier geskep het.  En dankie aan almal wat my aangemoedig het met die idee.  

Ek weet miskien nie baie van klassieke musiek af nie, maar ek weet hoe klink musiek wat mense se harte aanraak.  Ek hoop die gees van die Nuwe Verbond laat julle opnuut dink oor wat ons aan mekaar en aan die aarde doen.


“My wens vir Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum is dat dit uitgevoer sal word die dag as Antjie Krog na die podium stap om die Nobelprys vir Letterkunde te ontvang. Dié teks is ’n hoogtepunt in ’n oeuvre bestaande uit hoogtepunte.”

Marina Griebenow - Netwerk24