Koningin Lear

DEBUUT Drama
’n Kunste Onbeperk-produksie in samewerking met NATi. Ondersteun deur die Vlaamse Fonds voor de Letteren.

MET Antoinette Kellermann, Anna-Mart van der Merwe, Rolanda Marais, André Roothman, Neels van Jaarsveld, Wilhelm van der Walt, Edwin van der Walt en Matthew StuurmanTEKS Tom Lanoye VERTALING Antjie Krog REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson BELIGTINGSONTWERPER EN PRODUKSIEBESTUURDER Chris Pienaar KOSTUUMONTWERP Elaine du Plessis KLANKONTWERP Rynhardt van Blerk OUDIO-VISUELE ONTWERP Dawid Joubert VERHOOGBESTUURDER Danielle Louw VERVAARDIGER Kunste Onbeperk

Koningin Lear is ’n herverbeelding van William Shakespeare se King Lear deur die gevierde Vlaamse skrywer Tom Lanoye. Elizabeth Lear het met die verloop van tyd haar klein besigheid opgebou tot ’n internasionale sakeryk. Elisabeth kondig aan dat die besigheid tussen haar drie seuns verdeel sal word en sy eis dat haar seuns onder eed hul liefde en trou aan haar verklaar. Haar jongste, en geliefde, seun weier en dit ontketen ’n familietwis van reuse-omvang. Dit is ’n verhaal van ’n bejaarde besigheidsvrou wat haar houvas op die werklikheid verloor, wat desperaat probeer om die storm wat om haar losgebars het te hanteer.

’n Epiese verhaal wat skerp kommentaar lewer op ’n hedendaagse besigheidswêreld, waarin integriteit en lojaliteit skaars kommoditeite geword het. Koningin Lear bring die room van Suid-Afrikaanse akteurs byeen om dié kragtige verhaal na die plaaslike verhoog te bring.

SANW-OUDITORIUM
21 Maart 16:00, 22 Maart 10:00, 23 Maart 16:00, 24 Maart 10:00,
25 Maart 16:00, 26 Maart 10:00

KOOP KAARTJIES
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google