NATi Klip Kween

Klip Kween

Ondersteun deur: NATi en die US Woordfees
Skrywer: Du Toit Albertze Regisseur: Jason Jacobs Musiek: Odwa Bongo Kostuums: Birrie le Roux Met: Gantane Kusch en Odwa Bongo (sang) Verhoogbestuurder: Ashwin Arendse Vervaardiger: KleiSand Produksies

Sheila is ’n jong transgender-vrou wat terugkeer na haar geboortedorp – van Stellenbosch na Kamieskroon in Namakwaland. Sy wil haar onskuld opeis, maar die pastoor met wie sy eens ’n verhouding gehad het, staan in haar pad. Sy begin grawe na haar wortels, maar al wat sy kry, is geraamtes. En wie speel Maria in die Kerskonsert? ’n Ware Griekse tragedie wat Sheila nie kon voorsien het nie.

6 maart 10:00 | 8 maart 13:00
10 maart 18:00
60 min | Adam Small Laboratorium
R60 – R120 | R140 by die deur

KOOP KAARTJIES