NATi Katvoet

Katvoet

’n NATi / Feesteforum-produksie, ondersteun deur die US Woordfees
Skrywer: Tennessee Williams Verwerking en regie: Nico Scheepers Stelontwerp: Rocco Pool Beligtingsontwerp: Wolf Britz Kostuums: Mariechen Vosloo Met: Marius Weyers, Marion Holm, Tinarie van Wyk-Loots, Albert Pretorius, Martelize Kolver, Laudo Liebenberg Geon Nel e.a. Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp Vervaardiger: US Woordfees in opdrag van NATi

 

Die klassieke Pulitzerprys-drama Cat on a Hot Tin Roof kry hier nuwe lewe in ’n vars verwerking. Nico Scheepers het die toneel verskuif na ’n wildplaas in die Limpopo-bosveld. Dis hier waar die Mouton-gesin bymekaarkom vir hul patriarg se 65ste verjaarsdag. Boela, die oudste seun, drink homself dood om die spoke agter sy oë stil te maak en Maggie, sy eensame katvoet-vrou, doen alles in haar vermoë om die liefde te oorleef. Watter familiedramas wag nog om uitgepluis te word?

SANW-OUDITORIUM
21 Maart 10:00, 22 Maart 16:00, 23 Maart 10:00, 24 Maart 18:00,
25 Maart 10:00, 26 Maart 18:00, 27 Maart 10:00

KOOP KAARTJIES