JONGSTERRE

Moontlik gemaak deur NATi

Die DCAS-dramafees, gee aan plaaslike jong kunstenaars die geleentheid om hul talent op die verhoog ten toon te stel. Die doel van dié dramafees is om plaaslike stories met gehore te deel en om gemeenskapstoneelgroepe se werk soos ’n vars wind van verandering deur die toneellandskap van die Wes-Kaap te laat waai.

1. OUPA – ‘n Verhaal oor ‘n student met die naam Tommie, sy vier beste vriende en sy suster wat wag vir ‘n verskietende ster. ‘n Ster waarvan sy oupa hom baie vertel het. Oupa maak gebruik van musiek, woordkuns, sterretekens en tegnologie, om die lewens van ses komiese karakters uit te beeld. Elke karakter verteenwoordig ‘n eienskap van menslikheid en die afbreek ‘n saamlag- en saamhuil-ervaring daarvan. Hierdie produksie bied gevul met spanning en geheime.

2. Simunye We are One, Ons is Een – Die produksie fokus op 15 items (sang, dans en drama) uit 15 prominente Suid-Afrikaanse verhoog en silwerdoekproduksies soos Distrik 6, Sarafina, Shaka Zulu, asook ikone soos Margaret Singana, Johannes Kerkorrel, Mango Groove, Hugh Masekela en die Kaapse Klopse.

3. BoyKIE – BoyKIEvertel die verhaal van grootword en troos in sy eie vel, selfs wanneer troos die een ding was wat altyd ver weg van hom gevoel het. Regdeur die storie sien ons hoe almal rondom BoyKIE met hom kommunikeer en hom in staat stel om verskillende dinge oor die ruimtes waarin hy woon, te voel. Die storie vind plaas op ‘n plaas in die 20ste eeu. Ons leer dat selfs wanneer dit van die res van die wêreld se invloede geskei word, die eienskappe van rassisme, status en die vermoë om in verskillende ruimtes te woon, nog leef.

4.Ikhaya Lam – A Xhosa-seun word aangeneem deur ‘n konserwatiewe familie ná sy ma, wat vir die Witte-familie werk, sterf. Hy ervaar probleme as die familie druk op hom plaas om hul tradisies aan te neem. Op sy 18de verjaarsdag onthul hy aan die Witte-familie dat hy gay is. Hulle aanvaar nie die nuus nie en hy word deur die oupa uit die huis gejaag. Die suster besluit om saam met hom die huis te verlaat.

5. GYMPIESTRAAT – Hierdie produksie kyk na die lewens van mense wat in Gympiestraat gewoon het, met ware herinneringe wat getransformeer word in musikale stories.

6. NRNNSA Die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid-Afrika – Ses gesinne ding mee vir ‘n plek in die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid-Afrika. Die kompetisie is geskep as gevolg van ’n tekort aan transformasie in die huidige “nuwe Suid-Afrika”. Deur satire en komedie bied die stuk ’n unieke blik op die stryd van verskillende Suid-Afrikaners in die lig van transformasie. Oorspronklik ontwikkel deur die US Dramadepartement.