Huishou

’n Aardklop-produksie, ondersteun deur KunsStig en NATi
Skrywer: Philip Rademeyer Regisseur, ontwerp en beligtingsontwerp: Nico Scheepers Met: Nadia Valvekens en Cintaine Schutte Verhoogbestuurder: Lara Hattingh Vervaardiger: Cintaine Schutte in opdrag van Aardklop Nasionale Kunstefees.

 

Twee wit vroue wil ’n swart kind aanneem. Die jonger een beleef ’n identiteitskrisis in die soeke na haar wortels en Afrikaner-erfenis. Die ouervrou wil sorgvuldig ’n huis opbou en vol maak. Maar wat beteken dit as die jonger vrou nie daar tuis voel nie? Is hul vol huishouding nou eintlik leeg? Nadia Valvekens word by Aardklop 2018 bekroon as Beste aktrise.

LAERSKOOL VAN REEDESAAL
24 Maart 10:00, 25 Maart 20:00,
26 Maart 11:00, 27 Maart 14:00

KOOP KAARTJIES