HEIDI

‘n NATI/Feesteforum Vlagskip produksie

Met: Tobie Cronjé, Dawid Minnaar, Albert Maritz, Ilse Klink, Karli Heine, Lynelle Kenned, Jill Middlekop, Dean Balie en Marlo Minnaar 

Regie: Francois Toerien

Vervaardiger: Kunste Onbeperk

Speelvakke: KKNK, Innibos, Vrystaat Kunstefees en Aardklop

’n Musikale weergawe van Heidi, die storie van die gelyknamige boek deur die Switserse skrywer Johanna Spyri, van die weeskind wat by haar Oupa in die Alpe gaan bly. Die boek is in 1879 gepubliseer. In die musiekblyspel beleef die gehoor haar avonture as sy saam met bokwagter Peter en Snoekie, die bokkie, oor berge huppel. Hulle volg haar spoor na Frankfurt waar sy en vriendin Klara onder Juffrou Rottenmeier deurloop en eindig die terugreis by Oupa waar die heilsame Alpe vir Klara genesing bring. Uitbundig soos die jeug en hartroerend soos die herontmoeting met ’n ou vriend – kom huppel saam op bekende paaie.