Fruitloeps

DEBUUT Komedie                              
‘n Kunste Onbeperk-produksie moontlik gemaak deur NATi

MET Dean John Smith en Gantane Kusch TEKS Die geselskap REGIE Sandra Temmingh VERHOOGBESTUURDER Dustin Beck PRODUKSIEBESTUURDER Mercy Kannemeyer

Fruitloeps handel oor die wel en wee van twee uitsmyters, wat ook die eienaars van ’n nagklub is – Club Fruitloeps. Hulle kom met verskillende mense in kontak en moet hul weg tussen al die stories, mense en chaos probeer vind. Hulle vertel hoe ’n tipiese naweek by hul nagklub lyk en gee ’n satiriese blik op Club Fruitloeps se kliënte. Die mense wat jy gaan sien, is aan jou bekend – die antie van die kerk, die oom op die straathoek en jy mag dalk net jouself ook herken.

ATKV GRIESSELSAAL
23 Maart 20:00, 24 Maart 10:00,25 Maart 13:00, 26 Maart 17:00

KOOP KAARTJIES