DIE VLAMMENDE FEZ

'n NATi & Feesteforum-produksie

Met: Chris van Niekerk, Loukmaan Adams, Carlo Daniels, Gary Naidoo, Bianca Flanders en Liebchen Saal en ‘n tradisionele Kaapse Maleier sanggroep.

Regie: Basil Appollis

Ontwerp: Lindi-Heila Smit

Musiekontwerp: Gertjie Besselsen

Musiekfasiliteerder: Kurt Haup

Tekssamestelling: Lindi-Heila Smit

Hierdie musiekspel bevat nuutgeskrewe sowel as 300-jaaroue melodieë vervleg met verse, en stories van oor die wêreld geskryf deur I.D du Plessis. Die poduksie gee ‘n blik op die lewe en denke van du Plesssis en sy fassinasie met mense, die bo-natuurlike en die Ooste. Dit is ‘n musikale reis deur hierdie besonderse digter se lewe en werke met spesifieke fokus op sy liefde vir die ooste en die Maleier-bevolking.

Bekende stories, gedigte en musiekverwerkings in die produksie sluit in o.a Götterdämmering, Waar gister nog, Karnaval, Vreemde liefde, die epiese vertelling van Khlaifa en die Kaalvoet klonkie.

In Die Vlammende Fez word ‘n eksotiese wêreld opgeroep. Iewers tussen die ooste en die weste, deur Duister Weë en Vreemde Liefde. Deur Skermutseling en Skote, Lig en Skadwee tot aan die einde. Kom luister na die eeue oue roepstem van die muezzin in Afrikaans.