BABBELAGTIG

’n NATi / Feesteforum-produksie

Met: De Klerk Oelofse, Jemma Kahn, Roberto Pombo, Klara van Wyk, Dean Balie, Thami Baba en David Viviers

Teks: Geselskap Regie: Jenine Collocott

Ontwerp: Wolf Britz

Klankontwerp: Charl-Johan Lingenvelder

Verhoogbestuurder: Lize van Rooyen

Tegniese verhoogbestuurder: Ryno Keet

Produksiehuis: Aapstert Produksies

Vervaardigers: Kunste Onbeperk en Contagious Theatre

Babbelagtig is ’n spontane, kontemporêre teaterspektakel soos nog nooit vantevore beleef het nie. Dit slinger volwassenes terug na hul  kinderdae en betower gehore, van babbelbek tot babbelkous tot babbelsug, om as’t ware die verbeelding te ontsluit en met ope arms tegemoet te huppel. Is jy Babbelagtig, -e; -er, -ste? Kom deel in die sirkus en narrespel!