AMPER FAMOUS

’n Kunste Onbeperk-produksie. (ondersteun deur NATi)

Met V.I.T.O., Anray Amansure, Rushney Ferguson en orkes 

Regie en vervaardiger: David Kramer

Teks en Musiek: Vito Heyn en David Kramer

Amper Famous vertel die storie van ’n jong man van Okiep wat besluit om in sy moedertaal, Namakwa-Afrikaans, te skryf en rap. Hy word deur sy vriende gespot. Hulle weier om hom ernstig op te neem omdat hy nie lyk of klink soos die Amerikaanse hip-hoppers op YouTube nie. V.I.T.O. bly by sy oupa, wat wil hê hy moet ’n werk kry, maar die kopermyne het toegemaak en werksgeleenthede is skaars. Almal raai hom af om ’n kletsrymer te word. Dit is V.I.T.O. se droom dat sy musiek eendag, wanneer hy ’n suksesvolle hip-hop-ster is, erken word en op radio gespeel en nasionale televisie gesien word. Amper famous is die eerste Afrikaanse hip-hop-musiekblyspel wat op die verhoog gesien word.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google