ALTAAR

ʼn Innibos-produksie ondersteun deur NATi

Met: Christia Visser, Crystal-Donna Roberts, Carla Smith, André Terblanché, Oarabile Ditsele, Heinrich Franse en Sive Gubangxa

Teks: Hennie van Greunen / Nico Scheepers

Regisseur: Nico Scheepers / Hennie van Greunen

Musiek: Pedro Kruger

Ontwerp: Nico Scheepers

Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory

Sewe vriende, Model C-born frees, gaan stap vir oulaas saam in die Sederberge voordat hul lewens verskillende rigtings inslaan. Geen selfoon-ontvangs, geen wi-fi … en dan ’n oer-woedende storm wat hulle vaskeer in die grot waar hulle skuil.

Om ’n groot klip, soos ’n altaar, in ’n gedeelte van die grot wat weens die storm oopgeval het, doen die pêlle wat hul generasie doen as hulle in ’n krisis is: Hulle hou partytjie.

Mettertyd vervaag die musiek, die hip-hop-tromritme raak ’n hartklop en die boesmantekeninge op die altaarklip gaan oop vir die een wat ’n geleier word vir al die stories: Ook dié van die jongste dogter van een van die voorste struggle families in die land en haar geliefde, ʼn sewende generasie boerseun.

Hierdie sewe jongmense probeer hulle plek vind in die land, teen die agtergrond van hulle geskiedenis, hulle drome, maar ook hulle woede.

Twee bekroonde teatermakers, Hennie van Greunen en Nico Scheepers, span saam in ’n produksie wat in woorde, sang, beweging en ongelooflike visuele tonele die storie aan ons vertel.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google